FROM THE PRINCIPAL'S DESK
We are confronted daily by a lack of a clear vision amongst the leaders of our country, the visible collapse of a stable, healthy family setting and a general decay in the value system of our broader society. These phenomena are largely caused by factors originating from outside the school, but they impact directly our day-to-day operations. This emphasises the ever-increasing need for our beloved school to fulfil its role as an agent of change. Our stated objective of providing our precious learners with a high-quality learning environment is genuinely threatened by forces seeking to sow fear, confusion and general hopelessness. As such, we and all our stakeholders need to constantly re-commit ourselves to jealously guarding and advancing the vision of Uitenhage High School by striving to always perform at an optimal level and playing a meaningful role in society.
We fully appreciate the God-given privilege we have been granted to nurture our
young ones into respectful, responsible and productive global citizens. Uitenhage High School is based in the community and, therefore, will never operate on an island. To this end, we are actively pursuing mutually-beneficial partnerships across all spheres of our evolving, modern society. We value highly the closer ties we have been able to foster with various government departments, the private sector and our esteemed alumni. Long may these partnerships continue!
Uitenhage High School continues to serve as a beacon of hope in our society as we
persist steadfastly in preparing our children for the new, exciting opportunities which await. The volume of current and former learners positively impacting our society at this point of our school’s illustrious history fills one with immense pride at being associated with this iconic institution. We are acutely aware and deeply appreciative of the firm foundation laid by our dedicated, hard-working predecessors and we remain committed to maintaining and improving past and current standards, because our children deserve the best!
Let us live for our children!
#IAMUITENHAGEHIGH!
PERSEVERANDO VINCIMUS!
‘LET US LIVE FOR OUR CHILDREN’
VAN DIE SKOOLHOOF SE LESSENAAR
Ons word daagliks gekonfronteer met ‘n gebrek aan ‘n duidelike visie onder die leiers van ons land, die sigbare ineenstorting van ‘n stabiele, gesonde gesinsomgewing en ‘n algemene verval in die waardestelsel van ons breër samelewing. Hierdie verskynsels word grootliks veroorsaak deur faktore van buite die skool, maar dit beïnvloed ons daaglikse bedrywighede direk. Dit beklemtoon die toenemende behoefte vir ons geliefde skool om die rol as ‘n agent van verandering te vervul. Ons verklaarde doelwit om ons kosbare leerders van ‘n hoëgehalte-leeromgewing te voorsien, word werklik bedreig deur magte wat vrees, verwarring en algemene hopeloosheid wil saai. As sodanig moet ons en al ons belanghebbendes onsself voortdurend opnuut daartoe verbind om die visie van Hoërskool Uitenhage jaloers te bewaak en te bevorder deur daarna te streef om altyd op ‘n optimale vlak te presteer en ‘n betekenisvolle rol in die samelewing te speel.
Ons waardeer ten volle die Godgegewe voorreg wat ons gegun is om ons kinders tot
respekvolle, verantwoordelike en produktiewe wêreldburgers te koester. Hoërskool
Uitenhage is in die gemeenskap gebaseer en sal dus nooit op ‘n eiland funksioneer nie. Om hierdie rede streef ons aktief wedersyds voordelige vennootskappe oor alle
sfere van ons ontwikkelende, moderne samelewing na. Ons waardeer die nouer
bande wat ons met verskeie staatsdepartemente, die private sektor en ons
gewaardeerde alumni kon vestig. Mag hierdie vennootskappe nog lank voortduur!
Hoërskool Uitenhage dien steeds as ‘n baken van hoop in ons samelewing terwyl ons standvastig volhard om ons kinders vir die nuwe, opwindende geleenthede wat wag, voor te berei. Die aantal huidige en voormalige leerders wat ons samelewing positief beïnvloed op hierdie stadium van ons skool se roemryke geskiedenis, vul ons met oneindige trots om met hierdie ikoniese instelling geassosieer te word. Ons is uiters bewus van en waardeer die stewige fondament wat deur ons toegewyde,
hardwerkende voorgangers gelê is en ons bly daartoe verbind om vorige en huidige
standaarde te handhaaf en te verbeter, want ons kinders verdien die beste!
Laat ons vir ons kinders lewe!
#IAMUITENHAGEHIGH!
PERSEVERANDO VINCIMUS!